Saag

'n Handsaag word gebruik om hout mee te saag.

'n Saag is 'n stuk gereedskap wat gebruik word om deur dinge, soos hout of metaal te sny. Die saag beskik oor 'n handvatsel en 'n lem met skerp tande daarin geslyp.

Sae word in verskeie beroepe gebruik, onder andere deur houtwerkers, bouers, slagters en snydokters. Dit word soms selfs gebruik om boeremusiek mee te speel, alhoewel dit nie eintlik daarvoor ontwerp is nie.

Daar is verskillende soorte sae. Sommige is handgereedskap wat spierkrag benodig, terwyl ander soos rolsae en kettingsae met 'n elektriese of petrolmotor aangedryf word. Sae met growwe tande word gebruik om hout te saag, terwyl fyner tande nodig is om deur metaal te saag.

Sae is gevaarlike items omdat dit skerp tande het en moet met omsigtigheid hanteer word om beserings te vermy. Dele van die voorwerp wat gesaag word kan ook losspat en beserings veroorsaak. Beskermende kleredrag soos handskoene en 'n veiligheidsbril moet gedra word om beserings te voorkom.

'n Handsaag.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search